JOIN OUR MAILING LIST
  Join Mailing List
 
  Naam & Van
     
  E-pos
     
  Sel nr
     
Bereken asseblief die volgende som en sit die antwoord in die blokkie
  1 plus 3 + 4 = ?
 
Bookmark and Share
Ons Skoolreëls

SKOOLDRAG & ALGEMENE NETHEID

Ouers moet hulle asseblief deeglik vergewis van reëls soos in dagboek vervat en toesien dat kinders korrek geklee die skool bywoon.

NB: Seuns en dogters moet let op algemene reëls waarna aparte reëls vir die seuns en dogters volg.

SKOOLDRAG ALGEMEEN
1.Die blou skoolbaadjie bly ons amptelike drag en is verpligtend tydens saalopening en ander dae soos voorgeskryf en alle formele funksies en uitstappies.
2.Die skoolsweetpakbaadjie mag as alternatief gedra word, maar nie tydens bogenoemde aksies nie.
3.Skooldas (Gr. 8 & 9 die gewone das en Gr. 10 12 die seniordas) moet by die baadjie en 'n langmouhemp gedra word.
4.Slegs blou V-hals skooltruie en kultuurtruie wat pas, mag gedra word - geen firmatruie nie.
5.Hemde moet ingesteek wees.
6.Geen hande in broeksakke nie.
7.Sport word gedoen in Dokkie sporthemp / atletiekfrokkie en die dokkiebroek, of voorgeskrewe span klere.
8.Geen wit! bont baadjies (of Drimacs) mag by die skool gedra word nie.
9.Slegs die skool se onderskeidingstekens / balkies mag op die baadjie gedra word, behalwe waar balkies bv. op sport / -kultuurgebied vir uitsonderlike prestasies verwerf is.
10.Amptelike Provinsiale of SA Kleure (baadjies en das) mag slegs op Vrydae gedra word.
11.“Navy”-Blou serpe in skoolkleure, is opsioneel gedurende die wintermaande.
12.Geen "tekkies" by skooldrag nie.
13.Swart, grys of bruin gordels sonder enige blink insetsels word by broeke gedra. Gordels is verpligtend, vir seuns.
14.Skooldrag moet ook met uitstappies en sportbyeenkomste gedra word.
15.Geen tongringe, wenkbrouringe of neusringe of "studs" nie.
16.Slegs lapelwapens deur die skool uitgereik, mag gedra word.

VOORKOMS DOGTERS
1.1 SOMERSDRAG
• Blou skoolhemp
• Romp / Bermuda broek, waarvan die lengte nie korter is as vingers bo die knie nie.
• Kort skoolsokkies Swart skoolskoene

1.2 WINTERSDRAG
• Blou skoolhemp met das
• Trui / Sweetpak of skoolbaadjie
• Romp / Bermuda met "bobby socks" (blou; matrieks grys) of lang dik navy kouse of Grys langbroek met blou kouse en swart skoolskoene

2. GRIMERING
• Geen grimering word toegelaat nie, insluitend onderlaag en permanente grimering. Geen tatoeëermerke word toegelaat nie.
• Geen maskara of oogomlyner.

3. JUWELE
• Hangertjies en armbande is verbode.
• Slegs een ring word toegelaat (geen stene nie) 3mm in deursnee
• Slegs een paar dun goud of silwerkleurige oorringetjies (grootte van nuwe 20c munt) sonder steentjies of hangsels word in die oorlel se onderste gaatjie toegelaat. Geen 2de paarofenkele bo in oorskulp nie. Geen tong, neus- of oogringe nie.

4.HARE
• Blou, swart, Bruin en geel rekkies of knippies . Geen groot strikke / knippe nie.
• Gr. 12 dogters mag wit knippies en rekkies dra.
• Hare langer as die omslag van die kraag moet vasgebind en uit die gesig weggekam word.
• Geen "undercuts", "vreemde"style en kaalgeskeerde koppe nie.
• Hare op die voorkop (kuiwe) mag aan die wenkbrou raak.
• Slegs 2 "goedjies" in hare.

5. NAELS
• Moet netjies en skoon wees.
• Lengte : mag nie 3mm oor naelbed wees nie.
• Leerlinge met Tik en Hotelhouding as vak moet die voorgeskrewe lengte daar nakom.
• Slegs kleurlose naellak is toelaatbaar.
• Geen vals naels of "French Tips" mag gedra word nie.

VOORKOMS SEUNS
• Swart leer skoene met sole nie dikker as 3cm - moet vas wees en broekspype moet oorhang (indien 'n stewel gedra word.) Geen blink / staal insetsels of gespes nie.
• Grys broek (lank of voorgeskrewe kort) grys skoolkouse en lang grys skoolkouse
• Ligblou hemp (langmoue metdas; kortmou sonder das) moet ingesteek wees. Gedurende die winter by die baadjie / sweetpak baadjie is das verpligtend.
• Ringe, oorbelle, hangertjies en armbande e.d.m. mag nie gedra word nie ook nie in die dorp (as in skooldrag) of in privaat/ sportdrag op skoolterrein nie.
• Hare mag nie gekleurword nie.
• Die kuif mag aan die wenkbroue raak.
• Voor die ore mag die hare slegs tot by die onderkant van die oorgat strek.
• Om die ore en agterdie kop, mag hare geen "kussings" vorm nie, d.w.s. dit moet skuins opgesnyword.
• Die dwarssnit word toegelaat, mits dit volgens voorskrif gedra word (m.a.w. skuins opgesny) Geen "step" I "wedge".
• Geen "volksvreemde" style, soos "undercuts" nie.
• Gesigte moet geskeer wees, geen snorre, baarde of "sidies" mag gedra word nie.
• Naels moet kort en netjies wees geen lang pinkienaels nle.
• Geen "BEANIES" mag gedra word nie.

L.W. GEEN TOESTEMMING WORD VERLEEN VIR TROUES / MODELKOMPETISIES EN DIES MEER VIR HARE EN NAELS ENS. NIE.
(UITSONDERINGS SAL VIR MATRIEKS GEMAAK WORD)

LEERLlNGE WAT NA ANDER SKOLE GAAN OF DIE SKOOL VIR GOED VERLAAT.
• Ouers / voogde stel persoonlik die skool skriftelik in kennis (nie telefonies nie, nie via 'n maat nie) dat leerlinge die skool gaan verlaat.
• Leerlinge gee self hulle handboeke by onderwysers in (hulle stuur dit nie saam met iemand skool toe nie) en laat teken verlatersvorm wat by die algemene kantoor beskikbaar is by alle vakonderwysers as bewys dat handboeke ingegee is.
• Oorplasingskaarte of skoolsertifikate word slegs gegee nadat alle finansiële verpligtinge nagekom is.

KLOKTYE
Begin : 07:20
Verdaag : Maandag tot Donderdag -13:50
Vrydag -13:25

In die eerste- en tweede kwartaal is daar aktiwiteitsperiodes (Leerders beoefen atletiek of wintersport) en dan sal skoolperiodes korter wees, maar die skool sal steeds op genoemde tye verdaag. Geen leerders sal toegelaat word om vroeër te verdaag nie.

PROSEDURE SLEGS VIR AFSPRAKE WAT GLAD NIE ANDERS AS IN SKOOL TYD GEREËL KAN WORD NIE.
1. Ouer voltooi verlofbrief agter in dagboek / skryf 'n brief ter verduideliking.
2. Kind laat teken verlofbrief, gedurende voogperiode by Me. Malherbe.
3. Ouer meld aan by algemene kantoor waar die kind vir u, soos gereël wag.
4. Ouer teken kind uit in skoolverlatingsboek.
5. Geen leerling sal gedurende periodes uitgeroep word nie.
6. Toestemming vir lisensies sal slegs per afspraakvorm gegee word dieselfde met
afsprake by spesialis. Dokters en tandartse is smiddae beskikbaar, maak net betyds die afspraak.

N.B. As die ouer nie self die kind kan kom haal nie, moet 'n begeleidende toestemmingsbrief
van die ouer die persoon wat die kind kom haal, vergesel.

SIEKWORD TYDENS SKOOLURE
• Meld aan by die algemene kantoor of Me. Malherbe.
• Bogenoemde persone sal ouers skakel indien dit nodig blyk te wees dat die kind
gehaal moetword.
• GEEN KIND SKAKEL SELF SY OUERS NIE!
• As die kind huis toe gaan, teken die ouer hom / haar uit.
• Toelating tot die siekekamer geskied slegs per briefie geteken by die algemene kantoor of Me. Malherbe
• Geen besoektye vir maats by siekekamer nie!

OORTREDING VAN ENIGE SKOOLREËLS WORD VOLGENS DIE MERIETE DISSIPLlNÊRE MAATREËLS VIR HOËRSKOOL DR. MALAN PUNTESTELSEL HANTEER.
• Elke situasie word op eie meriete hanteer. Hulpgewing aan leerlinge word vooropgestel.
• Uitsetting geskied ongeag toetse en buitemuurse aktiwiteite.
• Ouers word telkens gewaarsku t.o.v. die straf met 'n volgende oortreding.
• Duidelike rekord en aantekening op rekenaar en word as gedraagsertifikaat uitgeduk en 'n profiel geplaas.
• Waar leerlinge ouers se handtekening vervals, neem die skool nie die verantwoordelikheid daarvoor nie.

KLASREËLS
• In elke klas sal die klasreëls vir die betrokke klas aangebring wees. Hierdie reëls
moet stiptelik nagekom word.
• Klaswisseling geskied ordelik en so gou moontlik. Die 'hou links' reël geld.
• Huiswerk doen is verpligtend! Agterstallige werk moet self en so gou moontlik na
afwesigheid ingehaal word.
• As 'n leerder tydens 'n klasperiode afwesig is of laat kom, moet hy / sy 'n
Verskoningsbrief van 'n personeellid toon.
• Eet, drink en kou van kougom tydens klastyd is verbode .
• GEEN SELFONE MAG IN DIE KLAS GEBRUIK WORD NIE, SELFONE, MP3 MP4 EN IPOD ENS. SAL IN KLAS GEKONFISKEER WORD.
• Skoolhandboeke is die skool se eiendom en dit moet met sorg hanteer word.
• Handboeke moet met plastiek oorgetrek word en leerders moet hulle name voor en agter inskryf. Verlore handboeke sal deur die leerders vervang moet word.
• Leerders moet behoorlike tasse vir skoolboeke gebruik.
• Wegsteek van skooltasse is verbode.

PLEK VAN AANTREDE
1. Voor die A Blok, in voogklasverband vanaf Gr. 8 tot 12.
2. Saalopeninge Maandagoggend Gr. 10-12 eerste periode
3. Saalopeninge Maandagoggend Gr. 8 & 9 tweede periode

AFWESIGHEDE
• Gewone skooldag:
• Rig die verskonings brief met rede, naam, handtekening en telefoonnommer aan voogonderwyser, DIE DAG DIREK NA AFWESIGHEID
•Toets- en eksamen dae:
• Handig doktersertifikaat in - afwesigheid daarsonder beteken 0%.
•Reël afsprake na skoolure.

ALGEMENE OPTREDE
• Geen leerder mag hom / haar self uitteken nie.
• Geen klappers of skiet daarvan word op die skoolterrein toegelaat nie.
• Alle persoonlike eiendom van leerders moet gemerk wees.
• Die skool aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige verlies of skade aan eiendom
   van leerders nie.
• Geen leerders mag voor skool of gedurende pouse in 'n klaskamer wees sonder 'n personeellid teenwoordig nie.
• Niemand ontvang besoekers of verlaat die skoolterrein gedurende pouse nie.
• Leerders mag nie die administratiewe blok se gang as deurgang gebruik nie.
• Slegs leerders met bestuurslisensies vir motors / motorfietse mag gedurende skooltyd op die aangewese plek parkeer.
• 'n Spoedbeperking van 10 km per uur geld op die terrein. Geen roekelose bestuur sal geduld word nie.