JOIN OUR MAILING LIST
  Join Mailing List
 
  Naam & Van
     
  E-pos
     
  Sel nr
     
Bereken asseblief die volgende som en sit die antwoord in die blokkie
  1 plus 3 + 7 = ?
 
Bookmark and Share
Spesiale Aanbiedinge & Promosies


Hou Kwela, Woensdae op Kyk-net, dop vir 'n voorsig van die film

 

Die film

 

“Henley-on-Klip” word vervaardig as ‘n huldeblyk en herdenking van die 1970 busramp by die Highbury crossing naby Henley-on-Klip.  Die 28e Januarie 2010 is die 40ste herdenking van die ramp, waarin 23 skoolkinders van die omgewing hul lewens verloor het.  Johan Le Roux, ‘n matriekseun, het die Wolraad Woltemade toekenning ontvang vir sy heldedade gedurende die insident en sy storie vorm die kern van die film. Die busramp is ‘n vergete deel van Suid-Afrika en Meyerton se geskiedenis en baie inwoners van die omgewing het vriende of familie wat deur die ramp geraak is.  Dit is juis daarom dat hierdie storie met sensitiwiteit en empatie hanteer sal word.

Die film is ‘n drama gebaseer op werklike gebeure, en fokus op vyf van die gesinne wat geraak is deur die ramp.  Hierdie projek sal verseker dat die gebeure van daardie dag nie vergeet word nie, en dit vertel die verhaal van ‘n tragiese gebeurtenis wat ‘n Afrikaanse gemeenskap saamgesnoer het in hul tyd van nood.

Intense navorsing oor die busramp is gedoen en Johan le Roux se familie is baie nou betrokke by die vervaardiging van die film.

Die film word vervaardig deur ‘n onafhanklike produksiemaatskappy en sal in Afrikaans verfilm word, met Engelse subtitels.

Die draaiboek van die film is geskryf deur Marelize Engelbrecht, ‘n professionele draaiboekskrywer en aktrise. Die regisseur, Marguelette Louw, het ‘n honeursgraad in televisie produksie en ondervinding in die televisiebedryf. Phyllis Dannhauser, die vervaardiger van die film het meer as twintig jaar ondervinding in die filmbedryf en is onlangs genomineer om op die SABC raad te dien.