Ons Visie
Hoërskool Wolmaransstad streef daarna om 'n trotse, gebalanseerde en verantwoordelike landsburger in 'n religieuse en landelike gemeenskap te ontwikkel. Daar word gestrewe om die beste Afrikaanse streekskool te wees.
Ons Missie
Hoërskool Wolmaransstad onderneem:
- Om geluk en die besef van verantwoordelike eienaarskap in elke leerder personeellid, ouer en die gemeenskap te vestig;
- Om deur middels van dinamiese en kreatiewe kommunikasie ons waardes, beginsels, norme en standaarde aan elke rolspeler in ons invloedsfeer oor te dra;
- Om die innoverende bestuursvaardighede in te span, ons personeel en al ons aktiwiteit deur tye van verandering te dra;
- Om rolspelers in ons sorg se oordeelsvermoë, akademiese stand en vaardighede in kurrikulêre en buite-kurrikulêre bedrywighede tot nog uitnemender vlakke te ontwikkel. Derhalwe gee ons aandag aan die ontwikkeling van ons fisiese en menslike hulpbronne.
|